fbpx
011 284 2000 mail@smithpower.co.za

By Blue Mountain Berries, net buite George, mag die uitgestrekte neten plastiekhuise van buite af stil en rustig lyk, maar binnekant word daar fluks geboer en blitsig beweeg. Die vloot oranje Kubota-trekkers is meestal net sigbaar wanneer hulle op die punt van ’n
ry neus uitsteek om skerp te krink vir die volgende ry wat wag.

Die L3200’s en die B2530’s staan nooit stil nie,” vertel LeMaitre White, landgoedbestuurder. “Daar is altyd spuitwerk en snywerk wat gedoen moet word.

Die reuse bloubessieplaas voer 90% van sy produkte uit na Europa as tafel- bessies en streng bestuur is noodsaaklik. Met oestyd in die lente wemel die handplukkers tussen die rye deur, maar al die meganiese werk op die plaas word deur Kubotas gedoen.

LeMaitre sê hulle het iets van alles van Kubota en elke masjien het sy doel. Die klein B2530’s van 18,4 kW word gebruik vir sleepwerk en spesiale take. Met ProAgri se besoek is een van die bulletjies gebruik om ’n platform te sleep waarop werkers kan staan om konstruksiewerk aan ’n tonnel te doen.

’n Ander een is die karweier van “Die Affêre”. Dié toestel met die lagnaam is ’n bankiespuit wat aangepas is om gras en bossies tot teen die bloubessiestamme dood te spuit. Die spuit se arms kan presies gestel word om voorsiening te maak vir verskillende rywydtes.

Die L3200’s word weer meestal gebruik om die bossiekappers te sleep om die gras tussen die rye mooi netjies kort te hou en hulle word ook voor die dwarrelspuite ingespan vir pesbeheer. Dié trekker met sy werklustige 24,6 kW is kragtig genoeg om swaar spuite te sleep, maar ook skraal genoeg om gerieflik tussen die bloubessiebosse deur te ry. Die rye is 2,5 meter van middel tot middel en laat ongeveer 1,4 meter beweegruimte daartussen.

article

Die B2530 het na 4 000 uur se harde werk nog net basiese onderhoud  nodig gehad. Hier karwei hy ’n tuisomgeboude bankiespuit, Die Aff êre.

Francois Breed, werkswinkelbestuurder van Blue Mountain Berries, sê die L3200 is ’n basiese trekker, eenvoudig om te bestuur met gladde ratwisseling tussen die 8 vorentoe en 4 truratte, wat dit ideaal maak om selfs in die kort rye egalig te beweeg en te werk.Daarby draai die trekker op ’n tiekie!

Blue Mountain Berries het onlangs ’n tweede plaas teen die hange van die Outeniekwaberge gevestig en is tans besig gevestig en is tans besig om sy 110 hektaar onder nette uit te brei met ’n verdere 80 hektaar. Op die bergplaas is die rye ’n bietjie wyer (3 meter) en Kubota se ietwat groter 4-silinder turbo-aangedrewe 38,8 kW L5040 met sy 16 vorentoeen truratte werk daar lekker teen die skuinstes.

Vir nog swaarder werk soos terreinvoorbereiding is daar ook ’n M9540 met ’n stewige 71 kW trekkerkrag. LeMairtre sê Kubota se laaigraafslootgrouers (die L39 en die nuwer L45) speel ook ’n onmisbare rol op die plaas vir die vestiging van besproeiingslyne, om gate vir nethuispale te grawe of om enigiets op te tel en te skuif.

Om die Kubotareeks af te rond, is daar ook ’n paar rowweterreinvoertuie (RTV’s) wat gebruik word om mense
en ligte goedere rats aan te ry.

Francois sorg dat al die masjiene op die plaas goed in stand gehou word en hy sê daar is nie regtig enige probleme nie. Daarby is hulle verskaffer, Carlu Trekkers, sommer naby die plaas, net buite George.

LeMaitre sê Iando Minnie en sy span se naverkopediens is uitstekend en hulle ken hulle produkte. “99% van alles wat ons nodig het is hier plaaslik beskikbaar en as daar regtig iets van Japan af bestel moet word, is dit in ’n japtrap hier.

Die bloubessieboerdery het in 2008 tot standgekom en LeMaitre sê hulle het van die begin af gesoek na kostedoeltreffende meganiese oplossings. Die Kubotas is gebou om elke dag die hele dag te werk sonder om knaend by die dieseltenk te gaan draai.

This article was featured in the ProAgri – March 2017. This article is also featured on their website. [Click Here]

This article also featured in the GraanSA – NAMPO – May 2017.

This article was featured in the FarmTech – May 2017.

You contact contact Iando Minnie on iando@carlutrekkers.co.za or 044 870 7660 or  082 822 3132

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]